Jesus Christus Oorwinnaar oor die dood en die sonde wat die kruis oorwin het

Koning Jesus is nie meer die "Liewe-Jesus-baba-in-die mandjie" wat die meeste mense dink Hy is nie.
Wanneer Hy weer kom,
kom Hy as die Koning van die konings
en Here van die here - dié keer om te oordeel.
Wees gereed op wat kom!

Play Video

Wat is die wegraping wat enige oomblik gaan plaasvind?

Jesus Christus kom terug om die ware Christene, die wat waarlik wedergebore is en vervul is met die Heilige Gees, te kom haal. Net soos Hy opgevaar het na die hemel toe, so gaan Hy weer terugkom. 

Met Sy eerste wederkoms gaan Hy kom, maar slegs die wat in Hom geglo het sal Hom sien – hulle gaan in ‘n oogknip verander word en geestelike, verheerlikte liggame gegee word wat nie meer aan die aardse wette gebind gaan wees nie. Hulle gaan opvlieg in die wolke in en Jesus daar ontmoet Halellujah! Dit word genoem die wegraping. Die ware Christene se loon gaan wees dat hulle die 7 jaar van verdrukking gaan vryspring.

Het ons 'n idee wanneer kom Jesus Christus terug om die kerk te kom haal?

Dit kan nou enige dag wees. Die Kerk is reeds gereed en verwagtend dat die Here terugkom, enige dag tans.

 Wanneer dit presies gaan wees weet nie mand nie, maar ons het baie aanduidings. Die maklikste een is om Jesus se Woord te volg waar Hy genoem het dat Die generasie van mense wat lewe ten tye van die hertotstandkoming van die staat van Israel nog sal lewe ten tye van die wegraping.

Mat 24:32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
Mat 24:33 So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
Mat 24:34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

Volgens die Psalm digter is ‘n generasie tyd die volgende:
Psalm 90:10 Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.

Dus kan ons die tyd uitwerk:
Israel totstandkoming: 1948, plus 80 jaar = 2028 – 7 (7 jaar van verdrukking) = 2021. Dit stem toevallig ooreen met die tyd voorspel in die video hieronder. Kyk gerus.

Kyk na die video wat die tye van die wegraping maklik verstaanbaar maak. Daar is baie teorieë oor wanneer die wegraping gaan plaasvind, maar die een is baie moontlik. Maak jou reg om Jesus te ontmoet.

Wat is die 7 jaar van verdrukking?

Die 7 jaar van verdrukking gaan die oomblink begin wat die wegraping plaasvind. Die 7 jaar van verdrukking is die 7 jaar wat die satan met sy Antichris die aarde gaan regeer, met ‘n Een Wêreld Regering, Een wêreld Ekonomie en Geldstelsel, wat dat saamgevoeg gaan word in ‘n Een Wêreld Geloofstelsel met die Antichris as was homself gaan verklaar as God en in die nuwe geboude Tempel in Jerusalem op die troon gaan sit. Die mense gaan egter almal die grootste verdukking, peste, plae en sere ly wat die aarde nog ooit getref het. Jy kan vir jouself dink wanneer satan die aarde gaan oorvat, kan dit net in een groot gemors ontaard. En enigiemand wat nie weggeraap is nie, gaan swaar verdrukking ly en geforseer word om die 666 merk van die dier te neem.

Wat is die Bybel?

Die Bybel is die Woord van God, ‘n bundel van boeke geskryf oor omtrent 1500 jaar deur verskeie mense wat geinspireer was deur die Heilige Gees,
‘n gids wat God aan die mens gegee het om God en sy weë te leer ken. ‘n Christen aanvaar die Woord van God as die waarheid,die geinspireerde Woord van God. Die Bybel is basies die mooiste liefdesbrief ooit, geskryf deur God aan die mensdom, om die mensdom te laat weet hoe lief Hy mense het.

Jesus het die volgende gesê oor die Woord van God:
Johannes 17:17 Heilig hulle in U waarheid; U woord is die waarheid.

In geestelike terme, is die Woord van God lig:
Psa 119:105  U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.

Dus lei die Woord van God jou in God se pad dat jy Hom kan volg en uitvind wie Hy is.

(Maar baie mense sê die Bybel is verkeerd vertaal en geskryf deur mense en nie God nie. Hoe weet ek dus die Bybel is waar? Dis maklik, jy gaan in jou gees weet of die Bybel waar is of nie. Dis ‘n innerlike geloofsaak. Daar is miljoene bewyse dat die Bybel waar is, tog glo die wêreld dat nie waar is nie. Óf dit gaan baie sin maak vir jou, óf jy gaan nie van dit hou nie. Die Bybel sê dit duidelik dat die Woord van God ‘n geur afgee wat mense geestelik gaan aantrek of afstoot:
2 Korinthiërs  2:15 Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan;
2 Kor 2:16 vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe. )

Wie is God?

Die Bybel leer ons God is ‘n Gees:
Johannes 4:24 God is ‘n Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

God is Lig:
1 Johannes 1:5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

God is die Skepper van alles, die Een wat alles gemaak het:
Genesis 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. (lees tot vers 31).

God het alles geskape deur Jesus Christus, Wie die Woord van God is:
Johannes 1:3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

God is die Een wat Sy kinders beskerm:
Lees Psalm 91 – Afrikaans

Wie is Jesus Christus?

Jesus Christus is die Seun van God wat aarde toe gekom het, ‘n mens geword het net soos ek en jy. Hy het op die aarde geleef net soos ‘n gewone mens en was toe onskuldig aan ‘n kruis opgehang en gekruisig deur die bose magte wat die aardse mense oorgeneem het.
Hy het dood gegaan, 3 dae in die graf (in die hel) spandeer en daarna het God Hom uit die dood uit opgewek.

Jesus Christus is die Weg en die Waarheid en jy kom deur Hom tot verhouding met God.
Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Waarom het Jesus Christus aarde toe gekom?

Weens verskeie redes.

Een van die redes is om God aan die mense bekend te stel Wie Hy eintlik is. In die Ou Testement het die mense God net geken as God. Maar Jesus Christus het Hom aan ons bekend gemaak as ons Vader. En dis waar die meeste mense ‘n fout maak oor Christenskap. Christenskap is nie ‘n godsdiens nie, nee dis meer as dit, dit is eintlik ‘n verhouding tussen ‘n Vader en Sy kinders. Dis ‘n massiewe verskil. In ‘n Godsdiens probeer mense die heeltyd om ‘n kwaai God tevrede te stel met hulle goeie werke. In Christenskap, is daar egter ‘n familie verhouding met God ons Vader en ons gehoorsaam Hom in liefde. Ons word nie gedryf uit vrees om Hom te dien nie, maar ons dien Hom omdat ons lief is vir Hom en Hom graag bly wil maak.

Jesus Christus het egter ook gekom on die verhouding van God en mens te herstel. Die mens het gesondig teen God in die Tuin van Eden en dit het die mens permanent van God se teenwoordigheid verwyder. Jesus het kom sterf in ons plek, as ‘n mens, om ons sondes op Hom te neem sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie mar die ewige lewe kan hê (Johannes 3:16). Hy het die prys betaal sodat die mens dus weer sondevry kan weer voor God, net soos wat Adam en Eva was voor die sondeval, maar met ‘n bonus by: Nou kan die Heilige Gees permanent bly by jou en IN jou (Johannes 14:17), ‘n voorreg wat selfs Adam en Eva nie gehad het nie!

Nog ‘n rede waarom Jesus gekom het, is om mense die krag te gee om die duiwel en sy bose magte te oorwin. Met Sy oorwinning aan die kruis, het hy jou en my die krag gegee om die bose te oorwin in elke situasie. Luk 10:19 “Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.”

Wat is die Ewige lewe?

Dis belangrik om te weet ‘n mens bestaan uit ‘n gees, siel en liggaam uit (1 Thessalonisense 5:23) en jou gees en siel hou aan bestaan sodra die fisiese liggaam doodgaan. Jou gees en siel hou aan bestaan in ‘n ander dimensie nadat jy die normale “aardse dood” gesterf het. 

Ewige lewe beteken nie net om vir ewig te lewe as sulks nie, maar eerder dat jy nou die Zoe-lewe, die lewe van God, binne jou kry. Die Griekse grondteks van die Bybel wat vertaal is as ‘ewige lewe’ is “Zoe”, wat letterlik ‘die God-tipe lewe’ beteken. God se tipe lewe is ewig, heilig en wonderlik, Goddelik.

Met dié lewe van God binne jou, kan jy die hemel binne gaan, want jy is nou ‘n kind van God. 

In die hemel is daar nie meer dood nie, so jy gaan vir ewig saam met God in die hemele kan lewe.

Wat is die Ewige dood?

Let egter op, daar is die ewige lewe saam met God, maar daar is ook die ewige dood, sonder God. Die wat Jesus nie aangeneem het nie gaan vir ewig bly voortbestaan, maar sonder God, in die hel – oftewel die poel van vuur (Openbaring 20:15, 21:8), waar hulle vir ewig gepynig gaan word vir hulle sondes en ‘n ewige knersing van tande sal wees van pyn in die poel van vuur (Matt8:12,13:50, 22:13, 24:51, 25:30, Luk13:18, Matt3:10, 5:22, 7:19, 13:40,42, 18:8-9, 25:41, Mark9:43-48, Luk3:9, Joh15:6 )  . Hierdie geeste wat nie berou getoon het vir hulle sondige, onheilige lewens sonder Jesus nie, gaan nooit in die hemel toegelaat word nie.

Die straf vir sonde in die lewe hierna is onbeskryflik erg: 

Mar 9:43 En as jou hand jou laat struikel, kap dit af.
Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,
Mar 9:44 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
Mar 9:45 En as jou voet jou laat struikel, kap dit af.
Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,
Mar 9:46 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
Mar 9:47 En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit.
Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word,
Mar 9:48 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

Dis hoekom Jesus jou en alle mense waarsku om tot bekering te kom. Want God is ‘n heilige God (1 Kor3:17), en Hy gaan sonde nie ongestraf laat nie(1 Kor3:17, Romeine 6:23).

Romeine 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Hoe kan ek die Ewige lewe verkry?

Jy moet tot bekering kom en wedergebore word.

Jesus het gesê dat indien iemand nie tot bekering gekom het en wedergebore is nie, sal hy nie in die Koningkryk van God ingaan nie:
Johannes 3:1 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode.
Joh 3:2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.
Joh 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
Joh 3:4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

Act 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Wat is bekering?

Bekering is wanneer jou ou lewens wyse stop wat jy gelewe het sonder God en jy ‘n nuwe lewe begin lewe vir Jesus.

Dit beteken basies dat jy jou ou sondige lewe aflê om ‘n nuwe, heilige lewe te lei vir God. 

2 Korintiërs 5:15 “…omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het;en Hy het vir almal gesterwe,
sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.

Bekering is die uiterlike manifestasie wat in jou binnekant, in jou gees gebeur het.

Jy het ‘n nuwe gees in jou binnekant gekry!

Hoe werk dit?

Hoe kom ek tot bekering?

Romeine 10:9  “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; “

Jy moet hardop met jou mond, in alle opregtheid en eerlikheid, jou geloof in jou hart met jou woorde bely.

Rom 10:10 “want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.”

Jy kan Jesus die Here van jou lewe te maak deur die volgende gebed te bid:

“Here God, ek glo met my hele hart in Jesus Christus; Seun van die lewende God. Ek glo dat Hy vir my gesterf het en dat God Hom uit die dood opgewek het. Ek glo Hy lewe vandag. Ek bely met my mond dat Jesus Christus van vandag af die Here van my lewe is. Deur Hom en in sy Naam het ek die ewige lewe; ek is wedergebore. Dankie, Here dat U my siel gered het! Ek is nou ’n kind van God. Halleluja!”

Hoe lei ek iemand tot bekering?

Dis baie eenvoudig. Dis nie moeilik nie.

  1. Vertel ander wie Jesus Christus is:
    1. Die Seun van God
    2. Wat gestraf is, doodgegaan het aan die kruis, hel toe gegaan het vir jou sondes
    3. sodat jy nie hoef nie
  2. Toe het God Hom op die 3e dag weer uit die dode opgewek en nou is Jesus in die hemel en sit aan die regterhand van God, en Hy kom vandaar om Sy kinders te kom haal, die wat in Hom geglo het.
  3. As iemand die bostaande glo, dan moet hulle dit met hul mond bely en hardop sê en dis hoe hulle gered word.
  4. Dis gebasseer op Romeine 10:9-10
  5. Die wat hierdie glo en werklik ‘n volgeling van Jesus wil word sal dan ‘n honger hê om die Bybel te begin lees om meer uit te vind oor hierdie Jesus en ook om ander van Jesus te vertel. Dit is ‘n duidelike teken dat iemand tot wedergeboorte gekom het wanneer hulle begin om ander van Jesus te vertel en wat met hulle eie lewens gebeur het.

Bid hierdie gebed hardop  saam met die persoon (die persoon moet dit hardop met sy/haar mond sê en opreg bedoel):

Jy kan Jesus die Here van jou lewe te maak deur die volgende gebed te bid:

“Here God, ek glo met my hele hart in Jesus Christus; Seun van die lewende God. Ek glo dat Hy vir my gesterf het en dat God Hom uit die dood opgewek het. Ek glo Hy lewe vandag. Ek bely met my mond dat Jesus Christus van vandag af die Here van my lewe is. Deur Hom en in sy Naam het ek die ewige lewe; ek is wedergebore. Dankie, Here dat U my siel gered het! Ek is nou ’n kind van God. Halleluja!”

Die komende Oordeelsdag

As iemand dit waarlik glo en begin om die Woord van God te doen, is hulle wedergebore volgelinge, dissipels van Jesus Christus en sal hulle gered word in die dag van oordeel. Daar kom ‘n dag wat elke mens, vir homself, gaan rekenskap gee oor wat hy met sy ewe gedoen het en nie gedoen het nie.

Wanneer die skape en die bokke geskei word, die wat Jesus se Evangelie aanvaar het sal saam die skape geplaas word  by Jesus vir ewig en die wat Jesus se Evangelie verwerp het sal by die bokke geplaas word in satan se kant vanwaar hulle hulle oordeel sal kry om weg te gaan van God vir ewig.

Mat 25:31 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;
Mat 25:32 en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
Mat 25:33 en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.

Mat 25:34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

Mat 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

So wat maak ons as mense dan hier op die aarde?
Wat is die punt?

Die punt is eenvoudig. Die Menslike gees is ‘n menslike liggaam gegee om op die aarde te woon, om te kyk wat die menslike gees gaan doen gesiene al die weersttande wat dit gaan ervaar op aarde. Daar is die natuurlike wette wat die mens se wil teenstaan, soos byvoorbeeld die swaartekrag van die aarde, en dan is daar ook die geestelike wette wat die mens se wil teenstaan, soos om die demone wat mense in die geestesrealm aanval. Al die weerstande is daar om die mens se gees te toets om te sien of dit waardig is vir die ewige lewe saam met God. En dit is waar geloof inkom. As jy tenspyte van al die teenstande van die bose en die vlees dit kan oorkom en getrou in God kan glo, dan sal jy gered word. Die kern is dat jy in Jesus Christus moet glo – dat Hy die Seun van God is wat aarde toe gekom het om die straf namens jou sonde op Hom te neem sodat jy nie gestraf hoef te word nie, en dat Hy die 3e dag uit die dode uit opgewek is en nou aan die regterhand van God sit. Alles op aarde gaan daaroor of jy geloof kan hê in Jesus. As jy dit het, en dus doen wat Hy van jou verwag volgens Sy Woord sal jy hemel toe gaan. Die hele aarde is die oorlogsveld waat die oorlog om siele tans plaasvind. Daar was reeds rebellie in die hemel gewees, en satan en een derde van sy engele is uit die hemel geskop – weens rebellie teen God. En hulle is op die aarde uitgegooi waar hulle nou werk om siele te verlei sodat hulle nie in Jesus sal glo nie, en dus nie hemel toe sal gaan nie. Die oorlog is nou in die geestesrealm op aarde, tussen die engele van God en satan se demone en die geveg is vir siele.

God gaan nooit weer rebellie toelaat in die hemel nie. Dis hoekom die geeste nou reeds op aarde getoets en gesif word sodat dit duidelik kan wees wie in die hemel hoort en wie nie. Maak seker jy gee jou lewe vir Jesus vandag – jy weet nie of jy môre gaan sien nie.

Dankie Here Jesus.

Jesus Christus

Dankie dat U vir my sonde betaal het
en hel toe gegaan het in my plek,
dat ek nie hoef te gaan nie.

Hemel hier kom ek!

Dis sooo lekker om skoon te leef.

Ek is skoon.

Ek voel lekker.

Ek het vrede.

Wanneer jy waarlik jou hart vir die Here gegee het, voel jy so skoon. Jy voel lekker. Jy voel sommer lig. Mense kan dadelik sien iets het met jou gebeur. Hoekom? Want jy het nou ‘n nuwe gees. ‘n Gees van lig. Die ou gees van donkerte is weg van jou af. Jy gaan net nie meer lus wees vir drank rook dwelms en gemors musiek nie. Tot jou taal gaan suiwer word. ‘n Mens kan dit nie self bewerk nie – dis egter die Heilige Gees wat in jou werk wat die dinge veroorsaak. Geniet jou nuwe lewe!

Die Kerk van Jesus Christus is die Hoogste Gesaggewende Outoriteit op Aarde!

Mattheus 16:19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee;
en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees,
en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Mattheus 18:18 Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind,
sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind,
sal in die hemel ontbonde wees.

Met sulke Goddelike Gesag wat aan die Kerk gegee is, hoe kan ons as die Kerk van Jesus Christus nie heers oor ons omstandighede nie?

Daar is egter een ding wat die Kerk kan kelder: Eenheid in die Kerk.

Indien daar nie eenheid in die Kerk is soos in Handelinge 2:1, 2:46, 4:24, 5:12 ens. kom nie gaan ons nie wonderlike gesag wat God ons gegee het kan geniet nie. Daar is egter wonderlike geleenthede om eenheid in die kerk te bewerkstellig, soos byvoorbeeld www.Gospel.Network. Jy kan deel word van die netwerk deur hier te kliek:

Vertel ander van Jesus - Like asseblief op Facebook en share met almal.

5 1 Stem
Article Rating
Subscribe
Notify of
guest
1 Comment
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Ariel

Dankie vir hierdie noodsaaklike boodskap! God seën jou ryklik!