Psalm 91 - Afrikaans

Psalm 91 – Afrikaans is seker die mees gesoekte vers in die Bybel wanneer iemand na die Here God se beskerming smag.

En met goeie rede: Die spesifieke hoofstuk praat oor God se beskerming wat Hy bied aan die wat in Hom is (wedergebore Christene wat vervul is met die Heilige Gees). God se beskerming word gebring deur die teenwoordigheid van Sy engele magte wat Hy opdrag gee om Sy bemindes op te pas.

Die geestesrealm is meer werklik as die fisiese realm en sonder God se beskerming sal geen mens kan staan nie. Die bose magte wat net uit is om te steel, dood te maak en te verwoes (volgens Johannes 10:10) sal enige mens maklik kan doodmaak in ‘n oogwink- indien God dit nie keer nie. 

Dis hoekom dit so belangrik is om tot bekering te kom. Gee jou hart vir Jesus Christus en wees verseker van Sy beskerming. Die dae waarin ons lewe is vol boosheid en ons kan nie bekostig om sonder God se beskerming te lewe nie.

Wees versterk en verfris soos wat u die Bybel verse hieronder hardop lees.

Inhoudsopgawe

Psalm 91 Afrikaans

Psalm 91 - Afrikaans - Die beskermings Psalm

Psalm 91 – Afrikaans vers 1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Psalm 91 – Afrikaans vers 2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
Psalm 91 – Afrikaans vers 3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
Psalm 91 – Afrikaans vers 4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
Psalm 91 – Afrikaans vers 5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
Psalm 91 – Afrikaans vers 6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Psalm 91 – Afrikaans vers 7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.
Psalm 91 – Afrikaans vers 8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Psalm 91 – Afrikaans vers 9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
Psalm 91 – Afrikaans vers 10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
Psalm 91 – Afrikaans vers 11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Psalm 91 – Afrikaans vers 12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Psalm 91 – Afrikaans vers 13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Psalm 91 – Afrikaans vers 14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Psalm 91 – Afrikaans vers 15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Psalm 91 – Afrikaans vers 16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

F.A.Q.

Die Psalm 91 gebed is maklik. Neem die verse en bid dit vir jou persoonlik, en bid dit hardop. Bv. bid vers 1 so: Omdat ek in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal ek vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Vers 2:  Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
Vers 3: Want Hy is dit wat my sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.

U kan die hele Psalm 91 Gebed hier vind en dit deurbid.

Die antwoord is nee. Dis eenvoudig, God se beskerming is slegs vir die wat God hulle toevlug gemaak het en in Sy Skuilplek sit. Die Bybel leer ons dat Jesus Christus die Skuilplek van God is en dat die wat in Jesus Christus is, het God die reg gegee om kinder van God genoem te word. Beskerming is dus nie vir almal nie, maar vir die vir wie dit beskore is: die wat wedergebore is. Indien jy wedergebore wil word, kliek hier.

5 1 Stem
Article Rating
Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments