Psalm 91 Gebed
Psalm 91 Gebed

Psalm 91 Gebed

Psalm 91 Gebed

Die Psalm 91 Gebed is daar vir jou in tye van nood. Bid gerus die Psalm 91 Gebed hieronder saam met ons. Ons het reeds vir jou ook gebid dat die gebed effektief vir jou sal wees wanneer jy dit bid. Jy kan dit bid vir jou eie beskering of vir die beskerming van ander. Neem die verse van Psalm 91 – Afrikaans en bid dit met fokus en bid dit hardop. Glo en bedoel dit wat jy bid. 

1. Maak die Psalm 91 Gebed persoonlik

Wanneer jy die gebed bid, maak dit persoonlik. Jy kan bv iemand se naam in die plek sit van voornaamwoorde. Jy kan dit ook spesifiek van toepassing maak op iemand se situasie: hulle gesondheids beskerming of finansies of fisiese veiligheid, ens. ens.

2. Onthou om jou emosies in die gebed in te sit

Onthou wat die Woord sê:

Jakobus 5:16  Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

‘n Gebed kan nie vurig wees sonder dat emosies ingebring word nie.

3. Om jou geloof te versterk in jou Psalm 91 Gebed sien dit in jou geestesoog

Om jou geloof te help, kan jy in jou geestesoog sien hoe die gebed wat jy bid beskerming bring vir die persoon vir wie jy die Psalm 91 Gebed bid.

4. Om die gebed nog meer te vestig, bid dit saam met ander

Wanneer 2 of 3 oor ‘n saak op aarde ooreenstem, dan dra dit gewig in die hemel. Dus is dit goed om saam met iemand anders die gebed te bid sodat hulle kan AMEN sê op jou verklarings en eenheid kan bevestig op die gebed. Baie keer hang iemand se lewe van jou gebed af. Gee dit dus alles wat jy her!

Voorbeeld van die Psalm 91 Gebed verpersoonlik op jouself:

Psalm 91:1 Omdat ek in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal ek vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Psalm 91:2 Ek sal tot die HERE sê: “My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.”
Psalm 91:3 Want Hy is dit wat my sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
Psalm 91:4 Hy sal my dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal ek skuil; Sy trou is my skild en pantser.
Psalm 91:5 Ek hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
Psalm 91:6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Psalm 91:7 Al val daar duisend aan my sy en tien duisend aan my regterhand—na my sal dit nie aankom nie.
Psalm 91:8 Net met my oë sal ek dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Psalm 91:9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het ek my beskutting gemaak.
Psalm 91:10 Geen onheil sal my tref en geen plaag naby my tent kom nie;
Psalm 91:11 want Hy sal sy engele aangaande my bevel gee om my te bewaar op al my weë.
Psalm 91:12 Hulle sal my op die hande dra, sodat ek my voet teen geen klip stamp nie.
Psalm 91:13 Op die leeu en die adder sal ek trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Psalm 91:14 Omdat ek God liefhet, sê God, “daarom sal Ek [sit jou naam hier] red; Ek sal [sit jou naam hier] beskerm, omdat [sit jou naam hier] my Naam ken.”
Psalm 91:15 Ek sal God aanroep, en Hy sal my verhoor; in die nood sal Hy by my wees; Hy sal my uitred en eer aan my gee.
Psalm 91:16 Met lengte van dae sal God my versadig, en Hy sal my Sy heil laat sien.

Psalm 91 Gebed
5 1 Stem
Article Rating
Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments