Wedergeboorte
Wedergeboorte JesusChristuscoza

Wedergeboorte

As jywedergebore wil word om vlekkeloos en sonder sonde voor God en Koning Jesus wil staan, bid die volgende gebed hardop (gebasseer op Romeine 10:9) en bedoel dit met jou hele hart

“Here God, ek glo met my hele hart in Jesus Christus; Seun van die lewende God. Ek glo dat Hy vir my gesterf het in my plek en hel toe gegaan het in my plek sodat ek nie hoef te gaan nie en dat God Hom uit die dood opgewek het. Ek glo Hy lewe vandag. Ek bely met my mond dat Jesus Christus van vandag af die Here van my lewe is. Deur Hom en in sy Naam het ek die ewige lewe; ek is wedergebore. Dankie, Here dat U my siel gered het! Ek is nou ’n kind van God. Halleluja!”
Veels geluk! Jy is nou ’n kind van God. Vir enige verder inligting oor hoe om as christen
te groei, kontak ons gerus by : 064 526 9809. 

Wedergeboorte is dit wat binne jou plaasvind wanneer die Heilige Gees ‘n nuwe gees in jou skep, Hy gee geboorte aan ‘n nuwe gees binne in jou. Vlekkeloos, sondeloos, heilig, in die perfekte beeld van God. Wedergeboorte is jou tweede geboorte, jou WARE geboorte, jou gees word opnuut gebore. Dis ‘n geestelike aktiewiteit was plaasvind binne-in jou gees mens.

Hier is die uittreksel van die Rapsodie van Realiteite vir 2 Februarie 2020 soos gesien op www.nuus.news. Hierdie is so mooi, geniet dit gerus!

Wedergeboorte

…Hierdie weergeboorte is nie deur julle aardse ouers bewerk nie, want die lewe wat hulle julle gegee het, loop op die dood uit. Die nuwe lewe wat God gegee het, is vir ewig, want dit kom van die ewige en lewende woord van God (1 Petrus 1:23).

Wanneer jy verstaan wat dit beteken om wedergebore te wees sal dit ’n huppel in jou stap sit. Om wedergebore te wees beteken dat jy die natuur van God in jou gees het. Dit beteken dat jy Christus se aktiewe lewe in elke greintjie van jou wese het – jou gees, siel en liggaam.

2 Korintiërs 5:17 sê: “Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!” Onthou wat die Here Jesus in Johannes 3:3 gesê het: “Ek verseker jou, as iemand nie van bo gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Dan sê Hy in vers 6 en 7: “Wat uit ’n menslike liggaam gebore is, is menslik, en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie verwonderd wees dat Ek vir jou gesê het julle moet van bo gebore word nie.”

Voordat iemand wedergebore word, het hy die bedorwe, gevalle menslike lewe wat vatbaar is vir die sonde, siekte, kwale en die dood. Maar wanneer hy wedergebore word, word sy menslike lewe deur God se natuur vervang. Wat ’n groot eer om in sy lewe te deel, sy heerlikheid te dra, sy genade uit te deel en sy geregtigheid uit te druk! Nou dat ons wedergebore is, het ons God se kinders geword (1 Johannes 3:2).

Ons het uit-God-gebore kinders geword, net soos Jesus. Jakobus 1:18 sê: “Omdat God só besluit het, het Hy ons deur sy woord wat waar is, as sy kinders verwek en gebore laat word. Só het dit gekom dat ons die keur van sy hele skepping is.” Jesus is die Hoof van hierdie nuwe spesie en die Hoof van die liggaam – die Kerk. Hy was eerste om wedergebore te raak in hierdie spesiale ras van bonatuurlike-wesens. 1 Petrus 2:9 sê: “Dit geld egter nie vir julle nie, want God het júlle as sy volk gekies. Julle is ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ’n volk wat heeltemal God s’n is. Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het.” Halleluja!

BELYDENIS MET JOU MOND – HARDOP

Ek is God se woonplek; Hy beweeg in en deur my; Hy praat en seën deur my. Ek dra ewige waarhede oor en het die goddelike natuur. Ek het die vermoë om veranderings te maak in my wêreld, want ek is wedergebore en die groter Een woon in my. Eer aan God!

VERDERE STUDIE:

1 Johannes 4:4; 1 Johannes 5:11-13

0 0 Stemme
Article Rating
Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments