Psalm 91 Afrikaans Ou Vertaling

Psalm 91 Afrikaans Ou Vertaling

Psalm 91 Afrikaans Ou Vertaling is ‘n baie spesiale Psalm vanuit die 1933 vertaling van die Afrikaanse Bybel geneem. Veral omdat dit ook die “Beskermings Psalm” genoem word. Wanneer Christene gekonfronteer word met die vrees van die vyand is dit goed om te weet dat jy nie alleen is nie, maar dat God by jou is en jou beskerm. Ps 91 Afrikaans is net wat jy nodig het om te kalmeeren jouself weer te herrgoepeer. Wanneer dinge net te veel word is dit die regte medisyne vir jou gees en siel. 

Psa 91:1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Psa 91:2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
Psa 91:3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
Psa 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
Psa 91:5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
Psa 91:6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Psa 91:7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.
Psa 91:8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Psa 91:9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
Psa 91:10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
Psa 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Psa 91:12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Psa 91:13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Psa 91:14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Psa 91:15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Psa 91:16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Soek jy dalk na ‘n meer kontemporêre weergawe van Psalm 91 Afrikaans Ou Vertaling, kan jyook gerus kyk na Psalm 91 Afrikaans Die Boodskap vertaling.

So ook mag jy dalk wonder hoe om Psalm 91 te bid? Kliek op Psalm 91 Gebed.

0 0 Stemme
Article Rating
Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments