Ps 91 Afrikaans
Ps 91 Afrikaans

Ps 91 Afrikaans

Ps 91 Afrikaans

Ps 91 Afrikaans

Ps 91 Afrikaans is ook bekend as die “Beskermings Psalm”. In hierdie Psalm maak die Psalmdigter dit duidelik dat God die BeskermHeer is van die wat wat Hom hulle toevlug maak.

Indien jy jouself in moeilikheid bevind, is Ps 91 die Psalm wat jy aanhoudend kan bid. Die Psalm 91 Gebed sal jou moed gee om oorwinnend deur jou situasie te kom. 

Die Krag van God word vrygelaat wanneer jy die Woord van God op jou lippe plaas. Die Bybel leer ons as God se kinders, om soos God ons Vader te praat. Kyk byvoorbeeld na  Hebreërs 13:5 “Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
Heb 13:6 Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?

God het gesê, sodat ons mag sê. Ons kan nou sê wat Hy gesê het. Ons kan nou praat wat Hy ons gegee het om te praat! En hoekom leer God ons hoe om te praat? Omdat Hy wil hê dat ons resultate kan kry!

Vat dus die woorde van Ps 91 ter harte. Sê dit hardop in jou oomblik van moeilikheid en laat God toe om jou te help. Wat jou situasie ookal is, of dit ‘n siekte in jou liggaam is, of ‘n finsiële penarie of ‘n huweliks probleem of watookal – die oorsaak van die probleem kom vanuit die geestes realm. Dus moet jy die saak geestelik beveg. Wanneer jy dit in die geestesrealm oorwin, sal jy die resultate in die fisiese realm sien. Die fisiese realm is slegs ‘n manifestasie van wat reeds in die geestesrealm gebeur het.

Onthou wat Jesus gesê het: Mattheus 5:28 “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.” Die daad van egbreuk begin in die hart, met ‘n gedagte en dan loop dit uit op die fisiese daad. Dinge begin eers in die geestes realm en manifesteer dan in die fiesiese realm.

Ps 91 Afrikaans vanuit die Afrikaanse Ou Vertaling Bybel

Ps 91 Afrikaans, vers 1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Psa 91 Afrikaans, vers 2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
Ps 91:3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
Psa 91 Afrikaans, vers 4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
Ps 91 Afrikaans, vers 5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
Psalm 91:6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Psalm 91 Afrikaans, vers 7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.
Psalm 91 Afrikaans, vers 8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Psalm 91 Afrikaans, vers 9Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
Ps 91 Afrikaans, vers 10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
Ps 91 Afrikaans, vers 11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Ps 91:12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Ps 91:13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Ps 91 Afrikaans, vers 14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Ps 91:15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Ps 91 Afrikaans, vers 16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

FAQ Ps 91 Afrikaans

Dit is die Psalm in die Ou Testament wat ook die Beskermings Psalm genoem word.

Dit gaan oor die beskerming wat God aan Sy kinders die gelowiges bied. Dit is oorspronklik geskryf met die konteks dat dit van toepassing om Jesus Christus sal wees in die tyd wanneer Hy na die aarde toe sou kom. Dit het aan Hom die nodige beskering gegee om Sy taak suksesvol op aarde te kon voltooi. 

Omdat ons, die gelowiges, vandag Jesus se dae op die aarde verleng (Jesaja 53:10) is die Psalm net so belngrik en funksionlee en van toepassing op ons as op Jesus toe Hy op die aarde was. Die Psalm bied aan ons dieselfde beskering as wat dit aan Jesus gebied het.

Vind meer uit oor Psalm 91 – Afrikaans.

Kliek gerus hier om meer uit te vind wat is die Psalm 91 Gebed.

Kliek hier om meer uit te vind oor wie Jesus Christus is.

Kliek hier om meer uit te vind hoe om weer gebore te word.

5 1 Stem
Article Rating
Subscribe
Notify of
guest
1 Comment
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Jaco

Hierdie Psalm gebed het my lewe gered. Ek verstaan nou hoekom Jesus gesê het dat ‘n mens nie net van brood sal lewe (in die vlees) nie maar van elke Woord wat uit God uit gaan. Die Woord is geestelike kos en versterking vir die mens se gees. Dankie Here Jesus dat U vir my en my gesin beskerming gebring het! Liefde Jaco